Aspekte rakende Handelsbeperking ooreenkomste

Vrydag, Maart 11th, 2011

Inleiding

1.         Met die sluit van kontrakte ag die meeste werkgewers dit nodig dat

hulle besigheidsbelange beskerm moet word teen mededingende praktyke van vorige werknemers.

2.         So ʼn werkgewer sal tipes in die dienskontrak ʼn handelsbeperkingsklousule insluit of ʼn aparte ooreenkoms met die werknemer aangaan waarin die handelsbeperking vervat word.

3.         Die Appèlhof omskryf die objek en doel van die handelsbeperkingsklousule as volg:

“ The legitimate object of a restraint is to protect the employers good will and customer connections or “trade secrets” and the restraint accordingly remains effective for a specified period “which must be reasonable”  after the employment relationship has come to an end. The need for the protection exists thereof independently of the manner in which the contract of employment is terminated and even if this occurs in consequence of a breach by the employer”

4.         Hierdie aanhaling uit die appèlhof beslissing van Reeves and another v Marfield Insurance Brokers CC and another 1996 (3) SA 766 (A) by 772 bevestig dus die objek en doel van die handelsbeperkingsooreenkoms.

5.         Die wese van handelsbeperkingsklousule is een wat voorkom dat werknemers in die uitvoer van hulle pligte, professie, roeping of in kompetisie teenoor die werkgewer besigheid dryf vir ʼn spesifieke periode en binne ʼn spesifieke area vandat die genoemde werknemer sy diens verlaat het.

6.         In die meeste gevalle, is die werknemer in ʼn swakker posisie om die terme van die kontrak met die werkgewer te beding.  In die meeste gevalle moet die werknemer die terme van die ooreenkoms wat spesifiek te make het met die handelsbeperking gelate aanvaar. Die terme van voormelde handelsbeperking mag selfs onbillike en onregverdige bedinging vir die werknemer inhou waarin die vryheid van sy / haar uitoefening van beroep nadelig beperk word.

7.         Dit wil egter voorkom asof die howe bewus is van hierdie netelige probleem en dat daar reëls ontwikkel is in die regsspraak.  Die vooraanstaande saak waarin die basis van die handelsbeperkingsooreenkoms uiteengesit word is die Appèlhof beslissing van Magna Alloys & Research (SA) (Pty) Ltd v Ellis 1984 (4) SA 874 (A).  Die Appèlafdeling het weggespring deur te bevestig dat die vermoede geld dat alle kontrakte geldig is, maar ook bevestig dat handelsbeperkingsooreenkomste ook hierby ingesluit geldig en afdwingbaar is.  Hoe dit ook al sy, die Appèlhof het ook die beginsel bevestig dat ons gemenereg kontrakte ook gemeet kan word aan die openbare belang en kan ooreenkomste en / of bedinge wat teenstrydig hiermee is, onafdwingbaar verklaar word.

8.         ʼn Kontrak sal teen die openbare belang wees en dus onafdwingbaar indien dit onredelike beperking op ʼn persoon se handelsvryheid plaas.  Die hof bepaal ook dat alhoewel dit in die openbare belang is dat daar ʼn algemene kontrakteursvryheid is waarin vrylik gekontrakteur kan word, moet dit ook in die openbare belang wees dat elke persoon vry kan wees om bevrediging te vind in die handels- en professionele wêreld te figureer.

9.         Om die geldigheid van ʼn klousule wat handelsvryheid beperk te evalueer behels dit die balans van twee belangrike oorwegings wat bevestig word in die appèlhof beslissing van Sunshine Rekords (Pty) Ltd v Flohing & others 1990 (4) SA 782 (A) by 794. Die eerste oorweging is dat die openbare belang vereis, dat in die algemeen, partye moet voldoen aan hulle kontraktuele pligte indien dit ook onredelik of onbillik is.  Die tweede oorweging is dat alle persone, in die belang van openbare belang, toegelaat moet word vir so ver as moontlik deel te neem aan handel en om sy/haar professies te beoefen sonder dat daar onnodige en onredelike beperking geplaas word op so ʼn persoon se vryheid van handel en om so ʼn professie na te volg.

10.       Die handelsbeperkingklousule moet oorweeg word deur die kriteria van die openbare belang in te span.  Om te bepaal of ‘n handelsbeperkingklousule onredelike beperking op ʼn persoon se vryheid van handel geplaas word, word ʼn veelvoud van faktore in ag geneem wat insluit die aard, omvang en lewensduur van die handelsbeperkingsooreenkoms, sowel as die belange van die partye.

11.       Die appèlhof het ook in die beslissing van Basson v Chilwan & Others 1993 (3) SA 742 (A) by 777 die aspekte uitgewys ten opsigte van die bewyslas wat gekwyt moet word deur ʼn werkgewer wat ʼn handelsbeperkingklousule wil afdwing.  In die praktyk sal dit beteken dat ʼn werkgewer wat die handelsbeperkingklousule wil afdwing niks meer hoef te doen as om die bedinge in die kontrak te bewys asook die kontrakbreuk te bewys nie.  Die werknemer wat die implimentering van die beperking wil teenstaan moet op ʼn oorwig van waarskynlikheid in al die omstandighede van die besondere saak bewys dat dit onredelik sal wees om die bepalings van die handelsbeperking te laat geskied. Die benadering word bewerkstellig in die beginsel dat die openbare belang vereis dat persone gebonde bly aan hulle kontraktuele verpligtinge.  Die werknemer sal dus die onus op hom hê om te bewys dat die klousule teen die openbare belang is sodra die werkgewer bewys het dat a.) die handelsbeperking bestaan en b.) dat die ooreenkoms gebreek is en dat die ander party (die werknemer) nou moet bewys dat die handelsbeperking onredelik is. Die hof sal dan bepaal onder die omstandighede wat voor hom is toe die ooreenkoms afgedwing sal word in plaas daarvan om te kyk na aspekte tydens die sluiting van die beperkingsooreenkoms.

12.       Die hof sal nie net beperk wees tot ʼn bevinding dat die geheel van die handelsbeperkingklousule nie uitvoerbaar is. Die hof mag beslis dat ʼn gedeelte van die klousule afdwingbaar of nie afdwingbaar is na afhang van die betrokke saak. Dit hou in dat die hof tot ‘n beperkte omvang die kontrak mag wysig soos dit beoog hoe die kontrak gesluit moes wees.

13.       Dit is duidelik dat die Magna Alloys & Research SA (PTY) Ltd v Ellis en Basson v Chilwan & Others die vorige beskerming wat aan die kant van werknemers was omvêrgewerp het en verswak het. Voorheen het die werkgewer die bewyslas gehand om te bewys dat die implementering van die handelsbeperkingsklousule billik is.  Die situasie is nou omgekeerd en dit is uit die bogenoemde beslissings duidelik dat die werknemer nou die bewyslas het om die teenoorgestelde te bewys.

14.       Wat betref die werking van die Grondwet en meer spesifiek Artikel 22 van die Grondwet wat bepaal dat elke landsburger die reg het om sy/haar ambag, beroep of professie vrylik en sonder onnodige beperking te beoefen, binne werking van die beperkingsklousule wat gestel word in Artikel 36 van die Grondwet regverdigbaar is.  Die vraag is beantwoord in Fidelity Guard Holdings (PTY) Ltd v Pearmain [1998] 3 van BLLR 335 waarin die hof bepaal het dat die gemenereg soos ontwikkel deur die howe voldoen aan die vereistes soos na vore kom uit hoofde van Artikel 36 (1) van die Grondwet en wat daarby die werking van Artikel 22 van Grondwet daarmee versoen. Die hof beslis verder dat die bedinging van die gemeneregtelike handelsbeperkings afdwingbaar is slegs as dit nie indruis teen die openbare belang nie.

15.       Ingevolge Magna Alloys & Research SA (PTY) Ltd v Ellis 1984 (4) SA 874 is daaralgemene riglyne neergelê in die uitvoering van handelsbeperkingsooreenkomste:

a)        ʼn Handelsbeperkingsklousule of ooreenkoms is nie prima faci onbillik en onuitvoerbaar nie.  Elke ooreenkoms moet beoordeel word aan sy eie feite om te bepaal of die afdwingbaarheid teen die openbare belang gaan indruis, waar in so ʼn geval dit onuitvoerbaar sal wees.

b)        Openbare belang verlang dat ooreenkomste vrylik aangegaan tussen partye geeër word. Dit is ook belangrik dat elke persoon die reg het om bevrediging te vind in die besigheid- en professionele wêreld.

c)        ʼn Persoon wat beweer dat hy / sy nie gebonde is aan ʼn handelsbeperkingsooreenkoms wat vrylik aangegaan is tussen die partye nie, dra die bewyslas op ‘n oorwig van waarskynlikhede, dat die afdwinging van die betrokke handelsbeperkingsooreenkoms of klousule teen die openbare belang sal wees.

d)        In die beoordeling of die beperkingsklousule of ooreenkoms teen die openbare belang is, sal die hof gedagtig wees aan die omstandighede wat voor hom was ten tyde van die afdwinging van die betrokke beperkingsklousule of ooreenkoms.

e)        Die hof is by magte om te verklaar dat ʼn beperking gedeeltelik onuitvoerbaar of gedeeltelik uitvoerbaar is.

16.       Die bogenoemde beginsels word uitstekend verwoord in die sake

van Bridgestone Firestone Maxi Press Limited v Taylor [2003] 1 ALL SA

299 (&) by 302 J tot 303 B. Die hof bepaal dat sodra dit bevestig is

dat daar ʼn handelsbeperkingsooreenkoms is, die ooreenkoms

afgedwing moet word tensy die party wat daarteen gekant is kan bewys dat die betrokke partye wat die beperking steun, nie ʼn beskermde belang

in die aangeleentheid het nie.   Die beskermde belang mag die

vorm aanneem van handelsgeheime, konfidensiële inligting of

meerwaarde en of handelskontakte, daardie betrokke persoon die

onus moet kwyt en moet bewys dat tydens die afdwinging die

handelsbeperking uitsluitlik gerig is na die beperking van billike

kompetisie met die vorige werkgewer en dat die beperking nie op

daardie stadium billik noodsaaklik is vir die wettige beskerming van

die kontrakteursparty se beskermwaardige besigheidsbelange nie.

Grondwetlike implikasies

17.       Daar word beweer dat onder die nuwe Grondwet die onus op partye geskuif het insoverre die bewyslas geskuif het na die party wat die uitvoering daarvan wil uitoefen, moet bewys dat die beperking of die werknemers se reg om aan vrye ekonomiese aktiwiteite deel te neem regverdigbaar is in ʼn vrye en demokratiese samelewing.  Die beginsel is neergelê in die saak van Canon KwaZulu-Natal (Pty) Ltd t/a Cannon Office Automation v Booth and Anothers 2005 (3) SA 205 (N).

18.       Die beginsel soos neergelê in die bogenoemde Cannon-beslissing is verwerp in die beslissing van Rectron (PTY) Ltd v Govender and Another [2006] 2 All SA 301 (D) en ook in Aqua d’or Mineral Water (Pty) Ltd t/a Aqua d’or v Camara [2006] 2 All SA 29 (C).  In beide uitsprake is dit gehandhaaf dat die nuwe Grondwet nie die reg verander het met spesifieke verwysing na die onus van bewyslas in ʼn dispuut rakende die implementering van ooreenkomste waar daar ‘n handelsbeperkingklousule deel van uitmaak nie.  Dus lui die heersende reg dat die party wat die uitoefening van die ooreenkoms wil opponeer die onus het om te bewys, op ʼn oorwig van waarskynlikheid, dat die handelsbeperking nie afdwingbaar is nie.

Die gronde vir opponering van Handelsbeperkingsooreenkomste

19.       Die volgende 4 gronde is wyses waarop ʼn werknemer hom/haar kan beroep om die werking van die handelsbeperkingsooreenkoms onuitvoerbaar te maak.

a.)       Die werkgewer beskik nie oor ʼn beskermbare belang nie.

In hierdie geval is dit belangrik dat die werkgewer moet beskik oor ʼn beskermbare belang in die vorm van vertroulik inligting wat insluit handelsgeheime of besigheidsverhoudings anders is die beperking nie afdwingbaar nie.  In die beslissing van Rectron (PTY) Ltd (Supra) is die betekenis van wat vertroulike inligting geformuleer.

b.)       Die afwesigheid van handelsverbintenisse

Die bewys van handelsverbintenisse wat beskermingswaardig is deur die afdwinging van ʼn handelsbeperkingsklousule moet die volgende elemente bevat:

–          Werknemer moet toegang hê tot die werkgewer se klante.

–          Die werknemer moet in die posisie wees om sulke verhoudinge met klante van die werkgewer te smee wat hom / haar in staat sou stel om so ʼn invloed oor hulle te hê dat die klante hom / haar sal volg indien hy / sy die diens van die werkgewer verlaat. Of dit inderdaad die geval sal wees hang af van die volgende faktore:

i.            Die pligte van die werknemer;

ii.            Die persoonlikheid van die werknemer;

iii.            Die frekwensie en tydsduur van die werknemer se kontak met die klante;

iv.            Waar die ooreenkoms met die klante tot stand kom;

v.            Die kundigheid verkry deur die werknemer aangaande die vereistes van die werkgewer se besigheid;

–          Getuienis dat klante verlore gegaan het as gevolg van die werknemer se vertrek.

–          Die tipiese geval sal wees dat ʼn werknemer sal argumenteer dat dit in gevalle waar die uitoefening van ʼn handelsbeperkingsooreenkoms afgedwing gaan word dat die werknemer nie ʼn nabye verhouding met die werkgewer se klante het nie en gevolglik dat daardie werknemer nie toegang tot die werkgewer se handelsverbintenisse het nie en dit nie kan benadeel word nie.

c.)       Die handelsberperkingsklousule is te wyd

In die meeste gevalle sal ʼn werknemer wat die bestaan van handelsbeperkingsooreenkoms betwis aanvoer dat die handelsbeperkingsooreenkoms in elk geval te wyte is.

Goeie voorbeelde hiervan is eerstens in terme van die omvang van die werknemer beperk is om in enige besigheid of aangestel te word nieteenstaande die feit dat die besigheid of bedrywigheid nie in mededinging met die werkgewer is nie.

Ten opsigte van geografiese omvang in gevalle waar die handelsbeperkingsooreenkoms die hele land se besigheidsdoeleindes beperk nie teenstaande die feit dat die werkgewer slegs in sekere dele of provinsies van die land sy besigheid bedryf.

Ten opsigte van tydperk waar die periode van beperking uitermatig lank is en die handelsbedrywighede van die werknemer dus vir ‘n te lang tydperk beperk word.

In die beslissing van Freight Bureau (Pty) Ltd v Kruger & Another 1997 (4) SA 337 (W) is die bogenoemde beginsels behandel en kan dit as volg uiteengesit word:

“This restraint, in my view, is grossly unreasonable. The entire western world embraces four of the five continents on this earth.  The applicant carries on business in Johannesburg. While it might arrange transporting for various customers in different parts of the western world in its own version it certainly has not done so in an area covering all four corners of the western world.  The first respondent would be remotely associated with a business similar to that of the applicant if she was employed by a company which did not carry on any business activity similar to that of the applicant, but was a company associated in business with a company which did carry on a similar business. The mere statement of the proposition is illustrative of its unreasonableness. Further, the period of one year is to be reckoned from a date notified by the employer to the employee.  Thus, if the employer was desirous of retrenching staff, this wide restraint would become operative.  The restraint, in my view, was maliciously and skilfully drawn in order to be as wide as possible and to cover as many situations as possible.”

d.)       Gevalle waar die handelsbeperking te wyte is en die de-gradering daarvan aanleiding sal gee tot groot veranderings in die kontraktuele konteks en sal neerkom op ʼn nuwe kontrak tussen die partye.

Hierdie beginsel is geformuleer in die beslissing van National Chemsearch (SA) (Pty) Ltd v Borrowman & another [1997] 3 SA 1092 (T). In hierdie beslissing is die beginsel verstewig dat indien die hof sou bevind dat die handelsbeperkingklousule onredelik wyd is in die toepassing daarvan, die hof in sekere omstandighede of die beperking gedeeltelik toepas of gedeeltelik  nie toepas nie. Hierdie wysing is egter beperk tot kleiner veranderinge waar groter ingrepe in die term wat die hof gebruik het groot ‘plastiese chirurgie’ gaan noodsaak en dus die wesenlik aard van die kontrak te veel wysig.

Hoe die howe beslis het om beperking toe te pas al dan nie

20.       Hierdie beginsels word neergelê deur Regter Nienaber in die

appèlhof beslissing van Basson v Chilwan & Others [1993] 3 SA 742

(A).

20.1    ʼn Ooreenkoms is uitvoerbaar of in sy geheel of gedeeltelik indien

dit die openbare belang sou wees en daarom die openbare beleid

sou skaad.

20.2    ‘n Bepaling van die aard wat inhou om om ‘n werknemer na beeindiging van die ooreenkoms is in stryd met die openbare belang indien die effek van die beperking onbillik sou wees.

20.3    Die billikheid van handelsbeperkingsooreenkoms word gemeet aan

die wye belang van die gemeenskap aan die een hand en aan die

anderkant die belange van die kontrakteerpartye self.

20.4    Vir so ver dit die wye belange van die gemeenskap behels  daar twee teenstrydige oorwegings. Aan die eenkant moet ooreenkomste tussen partye geëer word en aan die ander kant moet onproduktiwiteit verhoed word.

20.5    Vir so ver dat dit gaan oor die partye self, is ʼn beperking onredelik

indien een van die partye verhoed word na die beëindiging van

die kontrak om aan die handelsverkeer deel te neem sonder dat

daar ʼn beskermde belang van die ander party benadeel word. So

ʼn beperking is teen die openbare belang.

20.6    Hoe dit ookal sy, kan ʼn ooreenkoms handelsbeperkingselemente bevat tussen die partye aanvaarbaar wees maar waarheid elemente bevat wat die openbare belang skaad en andersom.

21.       Met verwysing tot die bogenoemde, moet die volgende gevra

word:

a)        Is daar ʼn belang van ʼn party wat waardig is om beskerm te word by die beëindiging van die ooreenkoms?

b)        Is daardie belang besig om benadeel te word deur die ander party?

c)        Indien wel, weeg daardie belang kwalitatief en kwantitatief meer teenoor die belang van die ander party wat sal inhou dat daardie party onekonomies aktief en onproduktief sal wees?

d)        Is daar enige openbare beleid wat niks met die verhouding tussen die twee partye te doen het nie, maar wat vereis dat die handelsbeperking gehandhaaf word of van die hand gewys word?

22.       In so verre die belang in “c” die belange in “ d” oortref behoort

daardie beperking as ʼn reël onbillik beskou en dus onafdwingbaar

verklaar.

HANNO BUCKSTEG

29 NOVEMBER 2010

PRETORIA

  •  
  •  
  •  
  •  

Kommentaar is gesluit.