Hoe werk Solidariteit se regsdepartement?

Dinsdag, Januarie 19th, 2016

Solidariteit se regsdepartement is nie net die grootste regsdepartement in alle Suid-Afrikaanse vakbonde nie, maar tel ook onder die grootste arbeidsregpraktyke in Suid-Afrika. Benewens ’n toegewyde afdeling vir beroepsgesondheid en -veiligheid, spog Solidariteit met ’n span kundige regslui wat, met inbegrip van prokureurs en advokate, sake namens Solidariteit-lede behartig. Solidariteit Regsdienste behartig op enige gegewe tydstip sowat 1 400 sake namens lede (uitgesonder die aantal groot kollektiewe geskille). Die sake handel oor enigiets van ontslag, griewe en pensioengeskille tot vergoedingseise vir beroepsbeserings en -siektes.

  •  
  •  
  •  
  •