Selfdoen en volhoubare ontwikkeling:

Dinsdag, Oktober 14th, 2014

Solidariteit glo daaraan om sy lede te bemagtig om selfstandig te wees. Die vakbond is aktief op die terreine van opleiding, werkplasing en aftreevoorsiening. Die vakbond glo daaraan om die kapitaal van sy lede te mobiliseer en sodoende selfstandige instellings, waaruit lede hulle regte kan laat realiseer, te skep.

Die vakbond sal aktief kwessies opneem binne die gemeenskap van sy lede. Solidariteit glo dat volhoubare ontwikkeling deel van die filosofie van alle Suid-Afrikaanse maatskappye moet wees. Alle maatskappye, met inbegrip van die regering en privaatinstellings, moet die nodige gebeurlikheidsplanne byhou en ontwikkel om besoedeling en die beskadiging van natuurlike habitat en belangrike ekosisteme te voorkom.

  •  
  •  
  •  
  •