Wat glo Solidariteit rakende regstellende aksie?

Dinsdag, Oktober 14th, 2014

Solidariteit glo dat wanbalanse reggestel moet word sonder om nuwe vorms van wanbalans te skep. Die manier waarop regstellende aksie tans toegepas word, skep ernstige nuwe vorms van diskriminasie. Die ideologie van verteenwoordiging veroorsaak dat die massas nie bevoordeel word nie en wittes ernstig benadeel word. Solidariteit tree in vir mense wat onbillik deur regstellende aksie benadeel word. Solidariteit glo dat alle Suid-Afrikaners van regstellende aksie en ander diskriminerende ekonomiese praktyke vrygestel moet word.

  •  
  •  
  •  
  •