Wat is Solidariteit se standpunt oor demokrasie?

Dinsdag, Oktober 14th, 2014

Solidariteit glo aan ware demokrasie waarin minderheidsregte erken en beskerm word. Die vakbond veg aktief, maar nie eksklusief nie, vir die regte van minderhede in die land en spesifiek diegene wat uit die regering se regstellendeaksie-programme gesluit word. Solidariteit tree aktief in vir arm Suid-Afrikaners. Die vakbond glo dat daar nie diskriminerende rassepraktyke teenoor arm mense mag wees nie

  •  
  •  
  •  
  •