Wat maak Solidariteit uniek?

Dinsdag, Oktober 14th, 2014

Solidariteit glo dat sy lede nie slegs ekonomiese wesens is nie, maar dat hulle binne ʼn gemeenskap funksioneer. Deur die jare het Solidariteit dus reeds sy beskermingsambreel vergroot sodat werknemers en hulle gesinne, in elke lewensfase ondersteun kan word. Solidariteit is die enigste Christelike vakbond in Suid-Afrika. Geen ander vakbond in Suid-Afrika doen so baie op soveel verskillende vlakke vir hulle mense nie.

  •  
  •  
  •  
  •